Juf. Adelia Murray, mnr. Dewald Peyper en juf. Sharon Coetzee

Liefste Welpies van 2020

Dit is tyd vir ‘n nuwe begin by die bruin reus op die bult en ons sien uit daarna om julle deel te maak van die Helpie-familie.

Op hierdie hoërskoolreis gaan julle soveel nuwe dinge, nuwe vriende, nuwe geluk en nuwe uitdagings ontdek en ons, as julle Helpie-voogde, kan nie wag om elke nuwe oomblik saam met julle te ervaar nie.

Tel jou potlood op en kom skryf ‘n nuwe storie, ‘n unieke een net soos jy is. Vind jou plek, los jou spoor en dra elke nuwe herinnering en les saam met jou.

Wees opgewonde, wees gemotiveerd, wees geesdriftig, maar moet nooit voel jy verdwaal nie! Julle is binnekort deel van ‘n baie sterk familie wat bymekaargehou word deur ‘n besondere ketting.

Helpie-groete

Mnr. Dewald Peyper, juf. Adelia Murray en juf. Sharon Coetzee
HULP